Raak deel van KlubMonties
’n Gemeenskap van ouers, oud-Monties, besighede en vriende van Hoërskool Montana wat saam bou aan die toekoms van ons skool, ons leerders en ons gemeenskap.
Jou betrokkenheid help om geleenthede te skep — in sport, akademie, kultuur, beurse en groot skoolprojekte.

Saam vir Montana
Ouers · Oud-Monties · Besighede

Wie is KlubMonties?
KlubMonties is ’n ondersteunersgemeenskap vir Hoërskool Montana. Dit skep ’n plek waar ouers, oud-leerders, besighede en gemeenskapslede betrokke kan raak by die skool se groei, projekte en behoeftes.
KlubMonties help om ondersteuning te mobiliseer vir sport, akademie, kultuur, beurse, fasiliteite en ander strategiese projekte. Die doel is om die Montana-gemeenskap nader aan die skool te bring en praktiese maniere te skep waarop mense kan help.
Kies waar jy ’n verskil wil maak
Gimnasium & Groot Projekte
Ondersteun groot skoolontwikkelingsprojekte soos die nuwe Monties Gym, fasiliteitsverbeteringe en langtermyn infrastruktuur. Die ‘Koop ’n baksteen’-projek word binnekort geloots — meer inligting en ’n direkte skakel volg binnekort.
Bekyk Toekomstige Generasie MontiesBeurse & Talentbehoud
Help om talentvolle leerders in ons voedingsgebied by Montana te hou — deur beurse, skoolgeldhulp en die Talentbehoudfonds wat ons volgende generasie Monties bou.
Bekyk Toekomstige Generasie MontiesSport
Kies ’n sportsoort en sien presies watter behoeftes daar is — van toerusting en klere tot vervoer, toere, events en fasiliteite.
Bekyk meerAkademie & Kultuur
Ondersteun akademiese programme, kultuuraktiwiteite, kompetisies, leerderontwikkeling en geleenthede waar Monties kan groei en presteer.
Bekyk meer — binnekort meer inligtingHierdie maand se fokus
Elke maand plaas KlubMonties ’n spesifieke behoefte, projek of sportsoort in die kollig sodat elke afdeling deur die jaar sigbaarheid en ondersteuning kry.
Junie/Julie Fokus: Sportbehoeftes en borggeleenthede
Ons is besig om gesprekke met sportorganiseerders saam te vat sodat ouers, oud-Monties, besighede en ondersteuners maklik kan sien waar hulle prakties betrokke kan raak. Die eerste fase fokus op sportsoorte waar huidige behoeftes, borgbare items en 2027-wenslyste reeds geïdentifiseer is.
Ek wil help met hierdie maand se fokusHierdie afdeling sal deurlopend opgedateer word soos meer sportorganiseerders se inligting gefinaliseer word.
Uitgesoekte fokusgeleenthede
Landloop Liga-byeenkoms
Borg die jaarlikse landloopliga, water, medics en praktiese spanitems.
Ek wil meer weetKrieket Toernooi / Krieketweek-ondersteuning
Ondersteun krieketweek, oefengereedskap, toerklere en hulpfonds vir toere.
Ek wil meer weetHokkie infrastruktuur
Help met astro-resurfacing, ligte en langtermyn hokkieontwikkeling.
Ek wil meer weetBergfiets groei en deelname
Maak dit moontlik dat elke kind wat wil ry, kan ry — fietse, baan en vervoer.
Ek wil meer weetSokker kultuur en spanidentiteit
Bou ’n sterker sokkerkultuur deur kits, afrigting en sigbaarheid.
Ek wil meer weetKies ’n sportsoort om te ondersteun
Klik op ’n sportsoort om huidige behoeftes, borggeleenthede en moontlike bydraes te sien.
Vir sportsoorte sonder ’n gedetailleerde profiel — behoeftes word binnekort bygevoeg.
Huidige sportbehoeftes en borggeleenthede
Hierdie behoeftes is saamgestel vanuit gesprekke met sportorganiseerders. Die doel is om praktiese, borgbare geleenthede sigbaar te maak sodat ouers, besighede en ondersteuners kan kies waar hulle wil help.
Alle borggeleenthede is onderhewig aan finale goedkeuring deur Hoërskool Montana. Waar geborgde items gebrandmerk word, sal die skool eers kwotasies en finale goedkeuring bevestig.
Oewerhengel het 18 leerders en kan 4 spanne in die liga inskryf. Die sport het praktiese toerusting, event-ondersteuning en oefennaweek-borge nodig.
Huidige prioriteit
Mieliebomme vir 3 liga-wedstryde
Behoeftelys
- Visvangskoene
- Gooivingers / handskoene
- Hoede
- Mieliebomme vir liga-wedstryde
- Borg vir oefennaweke
- Borg vir kampnaweek
- Sonblok
- Visvangsambrele met vents
- Kiepnette
- Skepnette
- Branded six-pack koelerbokse
- Afslag of toegang by damme / visvangplekke
Moontlike borgvennote
Hengelwinkels, buitelugwinkels, plaaslike besighede, damme of oorde.
Moontlike erkenning
Borge kan, afhangend van die tipe bydrae, erkenning ontvang op Hoërskool Montana se kommunikasiekanale, Monties Sport, KlubMonties, D6, sosiale media, event-terugvoer, foto’s en waar moontlik op geborgde items.
Hoe kan jy help?
Borg ’n item
Kies ’n spesifieke behoefte soos klere, toerusting, gazebos, skoene, water, snacks of sportbenodigdhede.
Borg ’n event
Help met ’n liga, toernooi, oefennaweek, kamp, prysuitdeling of spesiale sportdag.
Borg ’n leerder
Help ’n leerder met deelname, toerusting, vervoer, skoene, skoolgeld of ontwikkelingsgeleenthede.
Bied ’n diens
Bied jou besigheid se kundigheid, afslag, arbeid, drukwerk, ontwerp, mediese ondersteuning, fotografie of ander dienste aan.
Word ’n KlubMonties-lid
Ondersteun die skool maandeliks deur ’n lidmaatskapspakket te kies.
Deel jou netwerk
Stel KlubMonties voor aan besighede, oud-leerders of gemeenskapsleiers wat moontlik kan help.
Word ’n sportvennoot
Kies ’n spesifieke sportsoort en bou saam aan hul jaarlikse behoeftes, events, toerusting en ontwikkelingsplanne.
Borg ’n groot projek
Ondersteun groter infrastruktuur- of ontwikkelingsprojekte soos die gym, hokkie-opgraderings, baanontwikkeling, fasiliteite of langtermyn sportontwikkeling.
Borg ’n span of seisoen
Besighede kan as ’n span-, event- of seisoenborg betrokke raak en gepaste erkenning ontvang deur kommunikasie, sosiale media, klere of event-blootstelling.
Hou Montana-talent in Montana
Ons wil goeie talent in die Montana-area hier hou. Daarom nooi ons oud-Monties en toekomstige ouers wat hul kinders eendag hierheen wil stuur, om vandag reeds in te koop in ons skool, sy behoeftes en sy ondersteuning.
Waarom talentbehoud saak maak
Hoërskool Montana kompeteer reeds suksesvol teen van die sterkste skole in Gauteng en neem gereeld deel aan topvlak sport- en kultuurkompetisies. Om hierdie standaard te handhaaf en verder te verbeter, is dit noodsaaklik dat ons talentvolle leerders uit ons voedingsgebied by Montana kan bly ontwikkel.
Baie van hierdie leerders ontvang beursaanbiedinge van ander skole en word dikwels gewerf voordat hulle hul hoërskoolloopbaan begin. Deur die Talentbehoudfonds wil ons die geleentheid skep om belowende leerders met uitsonderlike sport-, kultuur- of akademiese potensiaal by Hoërskool Montana te hou.
Langtermyn impak
Hierdie fonds gaan nie net oor individuele leerders nie — dit gaan oor die langtermyn volhoubaarheid van uitnemendheid by Montana. Deur in talentvolle jongmense te belê, help borge om die volgende generasie Monties te ontwikkel en te verseker dat ons skool steeds op die hoogste vlak kan meeding.
Help ons om Montana-talent in Montana te hou. Vandag se belegging in ’n leerder word môre se suksesverhaal vir ons skool en gemeenskap.
Toekomstige Generasie Monties
Lees meer oor ons strategiese vennootskaps- en borggeleentheid om saam te bou aan die volgende generasie Monties.
Bekyk Toekomstige Generasie MontiesWord ’n KlubMonties-lid
Kies ’n ondersteunerspakket en help om Hoërskool Montana deurlopend te ondersteun.
Voordele en items is onderhewig aan beskikbaarheid en finale goedkeuring deur KlubMonties.
| Voordeel | Brons | Silwer | Goud | Platinum | Platinum-gesin |
|---|---|---|---|---|---|
| Maandelikse nuusbrief | |||||
| Digitale erkenning | |||||
| Kies sport/projek | |||||
| Voorkeurkommunikasie | — | ||||
| Ondersteunersgeleenthede | — | ||||
| Gholfhemp / supporter item | — | — | |||
| Baadjie / premium item | — | — | — | ||
| Prioriteitsgeleenthede | — | — | — | ||
| Tweede persoon ingesluit | — | — | — | — |
Kies jou pakket
Vul die vorm in en ons sal binnekort kontak maak.
Geen afdeling word agtergelaat nie
KlubMonties wil verseker dat verskillende sportsoorte, akademiese behoeftes, kultuuraktiwiteite en skoolprojekte regdeur die jaar sigbaarheid kry. Daarom sal die webblad maandeliks ’n nuwe fokusarea uitlig.
- 01
Januarie
Nuwe jaar / algemene behoeftes
- 02
Februarie
Somersport
- 03
Maart
Akademiese ondersteuning
- 04
April
Kultuur en kreatiewe ontwikkeling
- 05
Mei
Wintersport
- 06
Junie
Sporttoerusting en voorbereiding
- 07
Julie
Liga- en eventondersteuning
- 08
Augustus
Beurse en talentbehoud
- 09
September
Groot skoolprojekte
- 10
Oktober
2027 beplanning
- 11
November
Dankie-sê en impakterugvoer
- 12
Desember
Jaarafsluiting en volgende jaar se visie
Hierdie tydlyn is volledig redigeerbaar en kan jaarliks aangepas word.
Section 18A vir kwalifiserende bydraes
Vir kwalifiserende bydraes kan Hoërskool Montana, waar toepaslik, ’n Section 18A-sertifikaat uitreik. Dit bied aan donateurs en besighede die moontlikheid om hul bydrae as ’n belastingaftrekbare skenking te hanteer, onderhewig aan toepaslike vereistes.
Donateurs word aangeraai om hul eie belastingadviseur te raadpleeg oor die hantering van hul spesifieke bydrae.
’n Voorsmakie van die nuwe KlubMonties-platform
Hierdie landing page is slegs die eerste kykie na wat die KlubMonties-platform kan word. Die volledige webtuiste kan uitgebrei word om elke sportsoort, projek, kultuuraktiwiteit, akademiese behoefte en borggeleentheid op ’n professionele, georganiseerde manier te vertoon.
- Volledige sportsoort-profiele
- Behoeftelyste per sport
- Projekbladsye vir gimnasium, beurse, akademie en kultuur
- Maandelikse fokusveldtogte
- Lidmaatskapregistrasie
- Borg- en vennootskapnavrae
- Erkenning vir borge en ondersteuners
- Impakverslae
- Foto’s en terugvoer oor waar fondse en bydraes gebruik is
Daar is ’n plek waar jy kan help
Of jy ’n ouer, oud-Montie, besigheid, diensverskaffer of vriend van die skool is — KlubMonties help om die regte behoefte met die regte ondersteuner te verbind. Kies ’n sportsoort, projek of behoefte en kom bou saam aan die toekoms van Hoërskool Montana.